Bestel die eerste uitgawe
Ek is reeds sedert 1990 besig met die insameling en verwerking van informasie aangaande die Botes familie in Suid‐Afrika.
My soektog na die oorsprong en geskiedenis van die Botes familie asook die betekenis van name het my op baie verskillende paaie reg deur Suid‐Afrika geneem met baie interresante bevindinge.
In 1993 het ek my eerste manuskrip geskryf met al die informasie wat ek in 3 jaar kon opspoor. Dit is dus 17 jaar gelede dat ek my eerste manuskrip geskryf het. Ek was egter nie tevrede daarmee nie en het besluit om die werk uit te brei en soveel as moontlik genealogiese informasie te bekom as wat beskikbaar is.
Dit is dus ons as Botes familie se verantwoordelikheid om informasie beskikbaar te stel sodat 'n persoon soos bv myself dit kan verwerk en dan op die einde in boek vorm aan die Botes nageslag beskikbaar te stel.
Baie dankie vir elkeen wat reeds 'n bydra gelewer het dit word opreg waardeer.
Hierdie eerste uitgawe sluit ook 'n kwartierstaat van al vier my voorouers in. Dit sluit in my oupa Botes (pa kant), ouma Putter (pa kant), oupa Oosthuizen (ma kant) en ouma Botha (ma kant). Ek het ook my twee groot oumas se lyne gedoen nl du Preez en Shafer.
U is welkom om u kopie van die my eerste uitgawe te bestel en seker te maak dat u ook deel word van die geskiedenis en so help om hierdie boek in die hande van ons nageslagte te plaas as erfstuk.
Maak jou hele familie bewus van my boek asook die werk waarmee ek besig is en saam kan ons vir die nageslag 'n erfstuk na laat.
Die prys van my eerste uitgawe is slegs R270 per eksemplaar, posgelde uitgesluit.
Posgelde beloop tans R35 per boek vir gewone pos en R104 per boek vir spoed pos.
Hierdie eerste uitgawe gaan dien as basis en enige toekomstige uitgawes wat gaan volg sal slegs aanvullend wees tot die eerste uitgawe. Dit is dus van uiterste belang dat hierdie eerste uitgawe aangekoop word indien u in die toekoms gaan belangstel in opvolg werk.
Indien u info nie in hierdie eerste uitgawe vervat is nie sal ek dit waardeer indien u u familie info vir my sal aanstuur dmv die vorm wat beskikbaar is sodat ek dit kan gebruik vir enige toekomstige uitgawes wat ek beplan.
Jy is dus welkom om jou bestelling te plaas deur slegs die vorm hieronder in te vul en aan te dui hoeveel boeke jy soek. Sluit ook asb jou posadres in op die vorm.
Die eerste uitgawe beslaan 359 bladsye in A4 sagteband formaat en 26 bladsye met foto's en ander afbeeldings in vol kleur.
Sodra ek jou bestelling ontvang het sal jy 'n e-pos ontvang met al die betalings besonderhede. Nadat ek jou bewys van betaling ontvang het word jou boek/e gepos na die adres wat jy voorsien het. My e-pos besonderhede is as volg : williebotes@mtnloaded.co.za of i_believe_rich@hotmail.com

|
|
| Subscribe to Botes Stamregister |
| Visit this group |